Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit " Scriba van die Carbonari " deur D.J. OPPERMAN
Uit " Scriba van die Carbonari " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #55142] Sa, 05 Januarie 2002 13:46
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Uir "Scriba van die Carbonari"
D.J. Opperman

Laat ek dan waar die vyand in ons stede
en ons ruwe land wat berg op berg styg
uit die see, waar hulle ons verlede,
my hele menswees en my taal bedreig,
één voel selfs met die prinse van die handel
en weet ons ganse volk hoort by mekaar,
soos van die olyf of die amandel
al die takke, twygies en die blare
uit en om één stam - en laat die bloeisels, soet
en fyn, verrimpel tot iets hards, gesonds,
en voortdurend tot 'n skone groei gevoed
word deur ons, die penwortel ondergronds...
Laat ek dan waardig wees vir die bedryf
en vir my medemens en God eenkant
beurtelings notule en gedigte skryf.
Nou dat die ander slaap, laat hierdie hand....

(1948)
Vorige onderwerp: " Brandende Boek " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Man met Horries " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 21:36:47 MGT 2024